Die klassieke rugbywedstryd tussen die o.19A-rugbyspanne van die Hoërskool Gimnasium Paarl en die Hoër Jongenskool Paarl word hierdie Saterdag (5 Augustus) by die Faure-stadion in die Paarl beslis.

Vir dié mense wat nie weet wie was wyle Gerhard “Spiekeries” Viviers nie – dié legendariese rugbykommentator het 53 jaar gelde, toe die Springbokke teen die Britse Barbarians op Twickenham in ’n verbete stryd teen mekaar gespeel het, gesê: “Dit is die spel wat ons van die Springbokke wil sien” en “Ek dink hierie groot skare wat hier teenwoordig is, kan tevrede wees met hierie rugby wat hulle sien!”

Soos die Springbokke van wyle kaptein Dawie de Villiers gaan die spanne ook die spel speel wat elke span se ondersteuner van sy/haar span wil sien, sodat hulle tevrede sal wees met die rugby wat hulle sien, want die spanne se afrigters het hulle na die beste van hul vermoë afgerig sodat hulle die rugby sal speel wat die afrigters wil hê hulle moet sodat rugby sal wen soos rugby gewen het, want wyle Gerhard Viviers het, nadat die wedstryd geëindig het, onder andere ook gesê: “Want dit is rugby wat hier gewen het.”

Die 2022-eindtelling was 26:24 in die guns van die Hoër Jongenskool Paarl.

Die groot vraag nou is: “Wie gaan die Interskole wen?” Dit sal ons weet as die eindfluitjie blaas.


Hennie Gerber,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.