Drakenstein Munisipaliteit se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (IDP) opedae het begin en duur tot 16 April. Gedurende hierdie tydperk kry inwoners ‘n unieke geleentheid om hul stem te laat hoor oor plaaslike dienslewering en gemeenskapsontwikkeling.
Kom ons ontrafel waarom geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning beskryf kan word as ‘n munisipaliteit se aksieplan of sakestrategie en hoe Drakenstein se inwoners hul stemme kan laat hoor en by hierdie beplanningsproses betrek te word.
Ingevolge die Munisipale Stelselswet (Wet Nr. 32 van 2000) is alle munisipaliteite wetlik verplig om ‘n GOP te skep – ‘n strategiese vyf-jaar-plan wat die ontwikkelingsbehoeftes van die betrokke munisipale gebied spesifiseer. Kortom – ‘n GOP help ‘n munisipaliteit om te fokus op die kritieke diens-behoeftes van sy gemeenskappe, terwyl deeglik gekyk word na die finansiële hulpbronne waaroor die munisipaliteit beskik. En wat kan beter wees as om plaaslike diensbehoeftes direk by inwoners te bepaal?
By die Drakenstein-munisipaliteit is geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning (GOP) ‘n samewerkende benadering wat daarop gemik is om gemeenskappe te betrek ten einde die beste oplossings vir volhoubare ontwikkeling te vind.
Die munisipaliteit moedig sy inwoners aan om hul stemme te laat hoor in die konsep-GOP en -begroting se openbaredeelnemingsproses, wat op 31 Maart begin het en tot 16 April duur.
Verskeie GOP- opedae word in al 33 wyke van die munisipale streek aangebied. Die sessies bied die mense van Drakenstein die geleentheid om insette te lewer oor diensleweringsaangeleenthede in hul onderskeie wyke. Gemeenskappe sal ook die geleentheid kry om terugvoer te gee op die DM se konsep-ruimtelike ontwikkelingsraamwerk (ROW), wat ‘n voorstelling is van die behoeftes en voorstelle wat in die GOP geïdentifiseer is.
Wanneer hierdie gesprekke afgehandel is, sal die publiek se kommentaar in ag geneem en geïnkorporeer word in die finale IDP, begroting en ROW, wat teen die einde van Mei 2025 aan die DM-raad voorgelê sal word. Sodra dit deur die raad goedgekeur is, moet alle ontwikkeling en projekte vir die volgende vyf jaar aan die bepalings van die plan voldoen.
Sluit aan by ‘n opedag om jou stem te laat hoor.
Vir verdere inligting en skedule van die vergaderings, besoek die munisipaliteit se webtuiste hier.