Die matrikulante van Hoërskool Gimnasium Paarl het met sy laaste skooldag hul tradisionele saalbyeenkoms gehou waar onderwysers, ouers en die gr.11 leerders afskeid van hulle geneem het. Na afloop van die byeenkoms het elk van die 226 matriekleerders die kans gekry om die tradisie te volg waar hulle elk die klok ’n laaste keer kon laat lui. Hier swaai Christina Jacobs die klepel die laaste keer.Foto: Devidean Moses