Die gesogte 4M-trofee is weer terug by die Hoër Meisieskool La Rochelle nadat die skool se segetog verlede jaar deur sy mede-Paarliete, die Hoër Meisieskool Paarl (HMS), gebreek is.

Larries het vanjaar met nuwe dryfkrag teruggekom om die gewilde jaarlikse atletiekbyeenkoms tussen die vier Bolandse meisieskole, wat ook Rhenish Girls’ High School en Hoër Meisieskool Bloemhof insluit, oortuigend te wen.

Die eindtellings was as volg: Larries met 448 punte, HMS 383, Bloemhof 381 en Rhenish 140.

You need to be Logged In to leave a comment.