Mizaan Scheepers, ’n gr. 10-leerder aan die Hoër Meisieskool La Rochelle, en haar perd, Lipizza Babay Tjoklitsgoud, het talle pryse by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruiterkuns- skolevereniging (Sanesa) in Johannesburg gewen. Die duo het goud verower in die afdeling vir werkende jagter asook vir 70cm-skouperdespring in klas een. Verdere prestasies sluit in derde in die gelykstellingskategorie, asook derde in die 70cm-perdespring in klas twee.