Die Hoër Meisieskool La Rochelle het die afgelope naweek ’n indrukwekkende vertoning by die Curro Podium-byeenkoms in Pretoria gelewer. La Rochelle eindig algeheel vierde uit 38 meisiespanne en is algeheel die beste Wes-Kaapse atletiekspan. Hierdie prestasie was die kulminasie van skitterende uitslae wat teen die einde van 2023 begin het. By die Fairmont/UWC behaal La Rochelle ’n eerste plek uit 49 skole. Hierdie prestasie word ook herhaal by die Kwagga- (Outeniqua) byeenkoms. Hierdie prestasies getuig van die skool se uitstekende atletiese vaardighede en toegewydheid. Die atlete het nie net in plaaslike kompetisies uitgeblink nie, maar het ook ’n gemaklike tweede plek behaal by die Noord/Suid- en Curro-streekbyeenkomste. Dit is ’n bewys van hul konstante strewe na uitnemendheid en hul vermoë om met die beste atlete in die land mee te ding. La Rochelle se suksesvolle deelname aan hierdie byeenkomste bewys hulle is ’n krag om mee rekening te hou in die wêreld van skoleatletiek. Agter, van links, is Minette Retief, Teresa Botha, Ninke Coetzee, Cubin Marthinussen, Kiera-lee Abrahams, Nina Scheepers, Kara Wilson, Mia Wilson en Cornelia Destroo. Voor is Kylie Basson, Enya Binneman, Tyler Hunt, Sienna Ellis en Miné Fritz.


La Rochelle blink uit in atletiek

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article