Altesaam tien atlete van die Hoër Meisieskool La Rochelle het aan die SA-skole-atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem. Die atlete het almal goed presteer. Agter van links staan Micola Soenies (800 m), Janke Oosthuizen (gewigstoot, diskus), Hana Sullivan (spiesgooi), Elke van der Westhuizen (200 m, 100 m, 4×100 m aflos) en Amor Nell (spiesgooi). Voor is Tonet Tallie (paalspring), Adrienne Gallop (verspring, 400 m, 4×100 m aflos), Caroline Noyce (diskus), Milan Horn (90 m hekkies, 300 m hekkies, 4×100 m aflos) en Sha-Lian Matthews (100 m, 200 m).