Die padwoede insident waarin Egan
Vorster, Maandag raak geslaan is met ‘n houtkolf, het in ‘n bizarre nadraai van
gebeure die internet weer laat gons.
Vorster, wat in die Paarl werk en
woonagtig is het die die ouer man, Marius Geldenhuys wat hom skerp woorde toegesnou
het, vergewe.
Die twee is met mekaar in ‘n voorval
betrokke waarin Geldenhuys sterk taal gerbruik en hom glo onder meer ‘n ‘h*tn*t’
genoem het.
Vorster het hierdie week met Paarl Post
gepraat en gedeel dat hy nie kwaad is vir Geldenhuys nie en het vir hom kan
vergewe.
In die nuutse video wat die rondtes op
sosiale netwerke doen, word gesien hoe Vorster en Geldenhuys mekaar se voete
was.
Hoewel Geldenhuys nie self veel praat in
die video nie, het die mans mekaar omhels en het Vorster selfs ‘n paar trane
gestort. Volgens hom is dit simbolies en bewys dit dat hul nederig is.
Vorster sê dit bewys ook dat die een nie
beter is as die ander een nie. Hy sê ook dat hy die saak teen Geldenhuys
terug getrek het nadat dit in die lig gekom het dat hy werkloos en geskei is
met kinders.