Maak jou reg vir ’n sopie en ’n sagte sitplek onder die sterre wanneer The Galileo Open Air Cinema sy sensasionele Wynlande-program vir Seisoen 13 begin, met ’n ware samestelling trefferfilms by bekroonde wynplase.
Van Oktober 2024 tot Mei 2025 kan jou naweke ’n wonderlike fliekervaring teen die asemrowende agtergrond van die Wynlande insluit.
Die tema vir hierdie seisoen, #GalileoUnderTheStars, bied ’n betowerende spyskaart van rolprente, natuurskoon en kos en wyn uit die boonste rakke.
Die lys Wynlande Galileo-flieks sluit ’n genoeglike verskeidenheid romantiese komedies, gesinsgunstelinge en goedvoel-dramas in, met gewilde aanbiedings soos Mamma Mia!, Freaky Friday, Bridget Jones’s Diary, Grease, Pitch Perfect 2, Dirty Dancing en The Grand Budapest Hotel.
The Galileo Open Air Cinema 2024-’25- kalender vir vertonings in die Paarl- en Franschhoek-wynlande is as volg:
. Saterdag 9 November: My Best Friend’s Wedding, Nederburg-wynplaas, Paarl;
. Saterdag 16 November: Dirty Dancing, Diemersfontein-wynlandgoed, Wellington;
. Saterdag 23 November: The Notebook; Plaisir-wynlandgoed, Paarl;
. Saterdag 30 November: The Proposal, Leopard’s Leap-familiewingerde, Franschhoek;
. Saterdag 4 Januarie: Grease, Leopard’s Leap-familiewingerde, Franschhoek;
. Saterdag 18 Januarie: Notting Hill, Plaisir-wynlandgoed, Paarl;
. Saterdag 25 Januarie: Crazy Stupid Love, Festa-restaurant, Wellington;
. Saterdag 1 Februarie: Crazy Rich Asians, Nederburg-wynplaas, Paarl;
. Saterdag 8 Februarie: Pitch Perfect 2, Boschenmeer-gholflandgoed, Paarl;
. Saterdag 8 Maart: Batman Begins, Nederburg-wynplaas, Paarl;
. Saterdag 22 Maart: Mamma Mia!, Boschenmeer-gholflandgoed, Paarl; en
. Saterdag 10 Mei: Me Before You, Nederburg-wynplaas, Paarl.
. Besoek www.thegalileo.co.za vir die volledige somerprogram en meer inligting.