Die Bergrivier in die Paarl is besig om baie vol te loop weens aanhoudende reën.

Sedert verlede Saterdag is meer as 100mm reën in die vallei aangeteken, met nog reën op pad. Nog reën word oornag verwag maar behoort teen more middag (Vrydag 9 Junie) te begin opklaar. 

Maar dan word nog reën vanaf Sondag tot diep in volgende week verwag. ’n Nooddiens amptenaar van die Drakenstein-munisipaliteit het gesê dat hul rampbestuur op volle gereedheid vir enige krisis wat die stygende watervlak mag bring.

You need to be Logged In to leave a comment.