Huis Vergenoeg-inwoners betoog teen die inperkingsregulasies. Foto: Ross Michaels



“Ons kry swaar; ons smag na vryheid!”

Só lui die plakkaat van een van die sowat 30 Huis Vergenoegd-inwoners wat vanoggend (17 September) ‘n vreedsame demonstrasie buite die ouetehuis gehou het. 

Nes die res van die land het hulle ook vasgenael voor die televisie of radio gesit en luister hoe die president die land toespreek en die verslapte vlak 1-regulasies aankondig. Dit het egter nie ‘n beduidende verskil aan dié bejaardes se daaglikse lewe gemaak nie, vertel Nina Slabbert, voorsitter van die Huis Vergenoegd se bestuur. 

“Die aankondiging gisteraand het meer gefokus op besoek vir die inwoners in die outehuis, maar daar was nog geen sprake van uitgaan nie. Ons kry amper die idee dat dit ’n psigiese ding is – die kettings van toe. Hulle sit al ses maande in isolasie en hulle weet nie wanneer hulle net ’n bietjie sal kan uitgaan nie.”

Die inwoners waai vir motoriste. Foto: Ross Michae

Die inwoners waai vir motoriste. Foto: Ross Michaels

Slabbert vertel dat hulle mooi omsien na hul 200 inwoners se liggaamlike welstand en het die nodige sosiale afstand om die etenstafel toegepas, maar dit is nou die gemoedstoestand wat nou agteruitgaan. 

“Ons het ’n paar mense wat ernstige tekens van depressie toon. Ons móét daaraan aandag gee. Hulle wil hul persoonlike kruideniersware gaan aankoop in die winkel. Hulle moet banke toe gaan. Of hul agterkleinkinders sien. Ons wil hê dat daardie rëëlings verslap word.” 

“Genoeg is genoeg”. Foto: Ross Michaels
“Ons kry swaar; ons smag na vryheid!” Foto: Ross M

“Ons kry swaar; ons smag na vryheid!” Foto: Ross Michaels

Huis Vergenoegd sê hulle besef dit sal moeilik wees om die inwoners buite in die samelewing te kan akkommodeer. Weens hul vatbaarheid vir die virus sal ekstra gesondheidsmaatrëëls moontlik in plek gestel moet word. 

Nietemin is hulle ywerig vir die dag dat hul mense weer hul vryheid terug sal kry. 

You need to be Logged In to leave a comment.