Kursusse in dagsorg of naaldwerk in Breytenbach-sentrum gehou

Het jy ’n talent wat jy graag wil ontwikkel om jou eie sakeonderneming te begin én terselfdertyd ’n waardevolle rol in jou gemeenskap te speel?.


Het jy ’n talent wat jy graag wil ontwikkel om jou eie sakeonderneming te begin én terselfdertyd ’n waardevolle rol in jou gemeenskap te speel?

Die Breytenbach-sentrum in Wellington, ’n niewinsgewende gemeenskapsorganisasie, bied vanjaar weer dagsorgklasse en naaldwerkklasse vir matrieks en volwassenes aan met die ondersteuning van die Wes-Kaapse departement van kuns en sport.

Die kursusse duur elkeen nege maande en is bekostigbaar omdat die Breytenbach-sentrum daartoe verbind is om die gemeenskap te dien. Die sentrum wil ook diegene wat ’n sukses van hul lewe wil maak ’n kans in die gemeenskap gee.

Bel vir Jessica Ruiters by 021 873 2786 of kontak haar by jessica@breytenbachsentrum.­co.za vir meer besonderhede oor die kursusse.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.