Elke jaar vereer Global Spotlight-talentsoek Drakenstein se bekendes en ere-kunstenaars van die gemeenskap. Dit is om die volgende geslag kunstenaars in te lig, op te voed en te inspireer om die vallei se ryk geskiedenis te leer ken en bewus te wees dat groot mense die pad voor hulle gestap het. Dit is ook om erkenning te gee aan mense wat vir dekades deel is van die kuns- en kultuurlandskap van die Boland. Die ere-ontvangers vanjaar is sangeres Jenice Samuels en die legendariese prys het gegaan aan die sanger/musikant Jeremy de Klerk van die legendariese musiekgroep Fire-Balls. Op die foto is Sydwell Beziek, direkteur van Global Spotlight, die raadslid Rita Andreas, Jenice Samuels, Jeremy de Klerk en Lorenzo Arendse (die Drakenstein-munisipaliteit se portefeuljehouer van sport, ontspanning, kuns en kultuur).