Die Christelike Lektuurfonds bied op Saterdag 11 Februarie ’n heerlike kuieroggend, Virrie liefde, aan by Hugenote Laerskool op Wellington.
Die oggend beloof om iets in te hou vir ieder en elk, dames en mans met fantastiese vermaak, inspirerende sielskos en heerlike verversings om die innerlike te versterk.
Jak de Priester sal die gaste vermaak en Pieter van Jaarsveld gaan gesels oor die tema van sy jongste boek, Dink jouself gelukkig.
Die geleentheid is ’n geldwerwingsgeleentheid om Christelike Lektuurfonds in staat te stel om die Woord na die onbereiktes te neem – in 20 tale, soos die afgelope bykans 60 jaar. ’n Deel van die dag se winste sal ook gebruik word in die Een miljoen Bybels vir een miljoen kinders-projek – ’n projek waarin meer as 75 000 Bybels al versprei is na kinders – in hulle eie taal.
Kaartjies vir die geleentheid beloop R250 per persoon en sluit heerlike verversings asook ’n huis-toe neem geskenkie in.
Besprekings kan gedoen word by Eleanor Steenberg by info@clf.co.za of 021 873 6973 of aanlyn by http://www.clf.co.za/downloads/virrie-liefde/product/570-virrie-liefde
Vir die baksters in ons omgewing word daar ’n spesiale kompetisie gehou ten bate van die projek. Meer inligting kan verkry word op www.clf.co.za.
Pryse van meer as R15 000 is op die spel!