Kom kuier by Laborie-wynlandgoed met ouma en Margit Meyer-Rödenbeck. ï


Dowwe Dolla se ouma het eintlik saam met Dolla in 2021 afgetree. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? Toe besluit Ouma sy het wel nog ’n paar dinge om kwyt te raak.

Ouma kom van Garies en soos die meeste mense van daardie wêreld is sy ’n formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe, maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met dié dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie ken nie – en takt is een van hulle.

In ’n resensie van Ouma is op pad skryf Rafiek Mammon met die stuk se opening by die KKNK 2024: “Meyer-Rödenbeck is nou maar eenmaal ’n staatmaker op soveel vlakke. As aktrise stel sy nooit teleur nie; nog minder as komediant – en nog minder as intelligente waarnemer van die menslike toestand. Meng dit met storievertellery uit die boonste rak, dan is jy mos in komediehemel. Ek praat nou Tolla van der Merwe en Jan Spies se vernuf as storievertellers.”

’n Gehoorlid skryf verder: “Margit Meyer-Rödenbeck neem jou op ’n super humoristiese en verfrissende wyse op reis deur ’n veranderende wêreld. Jy huil soos jy lag terwyl ernstige waarhede jou lag-lag tref. Uitstekend.”

Margit is verlede jaar as die beste aktrise vir haar rol as ouma by Die Aardklop-kunstefees benoem. Ouma is op pad was ook die topverkoper op die Vrystaat-kunstefees.

Ouma kom vertel van haar dinge op 6 Maart om 18:00 vir 18:30 by The Audrium op Laborie Wynlangoed.

. Kaartjies is aanlyn by https://wa.me/15557082078?text=Hi te koop.

You need to be Logged In to leave a comment.