Die Drakenstein-sakekamer nooi alle sake-eienaars (groot of klein) om saam met hulle te kom kuier by hul afskeidsgeselligheid op Vrydag 24 November om 18:00 by Breezy Hill in Paarl-Noord.
Kom kuier lekker in ’n ligte luim om die jaar af te sluit met vermaak deur Renier Greeff, ’n kontantkroeg en lekker pizzas en burgers en nog eetgoed.
Daar sal ook gelukstrekkings wees met lekker pryse.
Ongelukkig kan kinders onder 18 nie toegelaat word nie weens beperkings van die dranklisensie.
Sakeondernemings wat nie lede is nie, betaal R100 per persoon aan die Drakenstein-sakekamer. Hierdie byeenkoms is nie formeel nie en almal gaan net lekker saam kuier.. Om jou teenwoordigheid te bevestig, of vir nog inligting, stuur e-pos na Francis Nieuwoudt by info@drakensteinsakekamer.co.za.