Kuier by Wellington se Op ’n Stasiefees

Die vierde Op ’n Stasiefees vind plaas op Saterdag 7 Mei by Wellington Wyne-plaas.


Die vierde Op ’n Stasiefees vind plaas op Saterdag 7 Mei by Wellington Wyne-plaas.

Die feesvierings skop egter reeds op Vrydag 6 Mei om 19:00 af met Vroue Vrolikheid en Manne Marakas.

Die hoogtepunt van die fees is 7 Mei wanneer daar talle interessante uitstallings sal wees van onder meer Harley Davidson- motorfietse en ou waens.

’n Sterkmankompetisie word ook gehou vir diegene wat graag hul spiere wil wys. Weereens sal gepoog word om die wêreldrekord vir die grootste melktert te verbeter. Bok Radio, met Susan Coetzer en Jurgens Schoeman, sal ook deel wees van die feesvierings. Daar sal ook treinritte wees, ’n pretpark vir die jongspan, stalletjies, ’n wyntuin, uitstallings en nog baie meer.

Die fees op 7 Mei duur van 08:30 tot 20:00. Vir meer inligting, bel Herbert Sills by 082 374 3146.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.