Binnekort is dit weer matriekbal-seisoen en talle matriek-leerders tref al reëlings hiervoor.
Die plaaslike radiostasie Paarl FM (96.7fm) bied vanjaar ’n kompetisie aan waarin ’n matriekleerder sy of haar volle matriekafskeidsaand gratis kan wen.
Dit sluit in kaartjies vir die matriekafskeid, ’n blink motor as vervoer vir die aand, haar aandrok of sy pak klere, blomme, ’n fotosessie vooraf, grimering en hare doen.
Om in aanmerking vir hierdie lieflike prys te kom, moet leerders ’n motiveringsbrief skryf om beoordelaars te oortuig hoekom hulle verdien om die wenner te wees.
Stuur jou motivering aan info@paarl967fm.co.za. Die kompetisie sluit Vrydag 16 Augustus.