Mense wat nog nie teen Covid-19 ingeënt is nie, word genooi om hierdie Saterdag tussen 08:00 en 12:00 na TC Newman- of Wellington-daghospitaal in Dr. Abdurachmanlaan te gaan. Inenting is maklik! Jy hoef nie te wag vir ’n SMS nie. Personeel by hierdie geriewe sal jou help met registrasie en inenting. Almal wat 12 jaar en ouer is, kwalifiseer vir hierdie inenting wat lewens red. Jy kan Saterdag jou versterkingsdosis ook hier kry. Mense wat die J&J-entstof gekry het, kan twee maande ná die tyd die J&J-versterkingsdosis kry, en mense wat albei die Pfizer-entstowwe gekry het, kan ses maande later die Pfizer-versterkingsdosis kry.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.