Die nasionale departement van gesondheid het die publiek aangeraai om die griep-entstof te kry om infeksies gedurende die komende winter te voorkom.
Volwassenes vanaf die ouderdom van 65 met siektes soos hart- en longkwale en mense met MIV en tuberkulose, asook swanger vroue, loop ’n hoë risiko vir ernstige griep.
Die griep-entstof word by openbare klinieke aangebied.
Foster Mohale, departementele woordvoerder, het ouers aangeraai om mediese hulp te kry indien hul kinders griepsimptome ervaar.
“Ouers word versoek om hul kinders wat probleme ondervind met asemhaling, wat nie genoeg vloeistof drink nie en verslegtende simptome ervaar, om na hul naaste kliniek te gaan.
“Voorkomende maatreëls soos die dra van maskers en ’n veilige afstand word aanbeveel,” het sy gesê.
Die departement van gesondheid en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê daar is geen rede vir paniek nie.