Christo Isaacs (32) bedek Donderdag (13 Februarie) sy gesig buite die Paarl-streekshof. Foto: Rasaad Adams


Christo Isaacs (32), die Simondium-man wat aangekla word van die moord op ’n Paarlse pa van drie by ’n plaaslike kroeg in Augustus verlede jaar, se prokureur het Donderdag (13 Februarie) in die Paarl-streekshof aangevoer dat daar steeds dispuut word oor die identiteit van die moordverdagte aangesien
daar nie ‘n identiteitsparade gedoen was voor arrestasie nie.

Sy prokureur het beswaar gemaak teen die media se aansoek om hom in die beskuldigde bank af te neem.

Isaacs, wie tans uit is op R1 000-borgtog, het homself in September verlede jaar, enkele dae nadat hy glo vir Geoffrey Fredericks (32) minstens sewe keer met ’n mes gesteek het, aan die polisie oorhandig.

Die voorval het op die aand van 25 Augustus binne by die Frendo’s-kroeg in Jan van Riebeeckweg in die Paarl plaasgevind.

Die Paarl-landdroshof het op 16 September sy aansoek op borg toegestaan en die saak na die streekshof verwys.

Hy het intussen ’n nuwe regsverteenwoordiger aangestel, wie soos die vorige een, aan die hof Donderdag aangevoer dat die verantwoordelik op die staat berus om te bewys dat dit wel Isaacs was wat vir Fredericks doodgesteek het.

Isaacs and Fredericks het na bewering daardie aand in ’n woordewisseling betrokke geraak, waarna Isaacs hom ’n mes binne die kroeg aangeval het.

Fredericks is na bewering minstens sewe keer gesteek. Drie van die steekwonde was glo in sy bors en ook naby aan sy slagare.

Sy vriende saam wie hy by die kroeg was het met hom na die Paarl-hospitaal gejaag, waar hy toe aan sy wonde beswyk het.

Die verlange is daar, veral onder sy kinders. Die jongste een vra gereeld na hom. Sy loer altyd so na die foto’s van hom wat teen die mure hang. Dit breek ons harte dat hulle sonder ’n pa grootword.
Magdalena Fredericks, Geoffrey se ma

Vier van Fredericks se familielede, waaronder sy ma Magdalena, het Donderdag se hofverskyning bygewoon.

Sy ma het aan Paarl Post gesê die familie sukkel steeds om tot verhaal te kom dat hul seun, broer en pa van drie kinders van hulle ontneem is.

“Die verlange is daar, veral onder sy kinders. Die jongste een vra gereeld na hom. Sy loer altyd so na die foto’s van hom wat teen die mure hang. Dit breek ons harte dat hulle sonder ’n pa grootword.”

Geoffrey Fredericks (32)

Geoffrey Fredericks (32)

Sy het ’n beroep gedoen op die ondersoekbeampte wat die saak hanteer, om meer nouliks met die familie te kommunikeer.

Volgens haar het die ondersoekbeampte nog laas kontak gemaak toe Fredericks se liggaam by die lykshuis was.

Sy het verder gesê die familie sukkel steeds om te verstaan hoekom Isaacs borgtog toegestaan is “nadat hy homself aan die polisie oorhandig het”.

Die saak is tot 13 Maart uitgestel vir Isaacs se voorverhoor-konferensie. Dit is wanneer die hof gaan beslis of die saak gereed is om op verhoor te gaan.

’n Datum vir wanneer die verhoor begin sal ook dan bepaal word.

Paarl Post het vroeër berig dat die staat glo hy ’n prima facie-saak teen Isaacs het.

Volgens die staat is daar sleutel- getuienis wat Isaacs direk met die moord verbind.

Die staat het ook vroeër genoem dat hy nog wag op die uitslag van die lykskouing asook Fredericks se mediese verslag.

Beeldmateriaal van die beweerde onderonsie moet ook nog deur die staat bestudeer word.

Isaacs tydens 'n vorige verskyn in die Paarl-landd

Isaacs tydens ‘n vorige verskyning in die Paarl-landdroshof in September verlede jaar. Foto: Rasaad Adams

You need to be Logged In to leave a comment.