Krisante blom weer op Wellington

Wellington se beroemde krisante-kwekers het onlangs van hul mooiste krisante in die dorp se stadsaal uitgestal. Verskeie van die krisante-kwekers het ook toekennings met hul prag-blomme losgeslaan.


Wellington se beroemde krisante-kwekers het onlangs van hul mooiste krisante in die dorp se stadsaal uitgestal. Verskeie van die krisante-kwekers het ook toekennings met hul prag-blomme losgeslaan.

Die vereniging waaraan hierdie blomkwekers behoort, is reeds in 1917 gestig – vanjaar se skou is dus die 101e skou wat op die dorp gehou word.

Die jongste skou is amptelik geopen deur dr. Danny Titus van die ATKV en hy het in sy openingstoespraak die besonderse rol geteken wat die krisante-kwekers en hul vereniging oor baie jare in die groei en ontwikkeling van die gemeenskapslewe van Wellington gespeel het.

Die afgelope jaar is deur die blomkwekers as een van die moeilikste jare in hul lang bestaan bestempel. Veral die uitmergelende droogte het dit moeilik gemaak om uitsoek-krisante vir die skou gereed te kry. Volgens hulle sou daar waarskynlik geen skou vanjaar gewees het nie as dit nie was vir die spesiale vergunning wat die burgemeester van Drakenstein aan hulle gegee het om, ondanks streng waterbeperkings, hul krisante gereeld water te gee.

Onder die bekende Wellingtonse kwekers wat vanjaar pryse op die skou losgeslaan het, is Herman Bailey, Anthony Cavernelis en Japie Willemse, wat ook die meeste wenpunte op die skou losgeslaan het.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.