Heritage House het onlangs ’n interne kreatieweskryf-kompetisie gehou. Die skool se doelwit vir die kwartaal is om algehele kreatiewe skryfwerk te bevorder. Kreatiewe skryfwerk is ’n taak wat vele leerders laat struikel, want dit vereis hoë-orde-denke. Dus word geleenthede by die skool reg deur die kwartaal geskep om ’n liefde vir skryf onder die leerders te kweek wat sal oorspoel in hul akademiese vordering. Van links is die wenners – Leeletha Govender (gr.6), Nadia Gous (gr.6), Leithan Mckay (gr.3) en Nadia Rabie (gr.2).