Die SA kampioenskap vir hoërskole is Saterdag by die Dal Josafat-stadion gehou, met plaaslike atlete wat uitstekend gevaar en rekords laat spat het. Die Hoër Meisieskool Paarl se Faith Gonde (regs) het uitgeblink. Sy is bekroon as SA hoërskole se kampioen in die 100 m- en 200 m-wedlope in onderskeidelik 12,13 sek. en 25,02 sek. Sy wen ook ’n goue medalje in die 4×100 m-aflos. Foto’s: Ernest Kilowan