Die Paarl-polisie benodig die hulp van die publiek om twee kosbare kandelare, wat by ’n onderneming in Paarl-Sentraal gesteel is, op te spoor.

Kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder van die Paarl-polisie, sê die kandelare is gedurende Augustus gesteel.

“Die twee kandelare is onderskeidelik van egte goud, koper en kristalle.”

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, konst. Jade le Fleur, by 084 904 4313 of 082 469 1431 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.