Die komiteelede kloksgewys van links: Winnie Nel (Rust), Olivia le Cordeur, Isadene Pienaar, Shandré Morris, Christine Siebrits, Daphne Hoogenhout, Helena Reid (Rust), Tharina Schweidler en Anna-Rita van der Westhuizen.Foto:


Die benoemings vir die Winnie Rust-pryse vir Vrouemaand het aan die einde van Junie gesluit.

Die komitee was aangenaam verras met die aantal benoemings wat ingedien is – van die 22 benoemings is twee kortlyste opgestel, waarvan die eerste vroue en die tweede leerders ingesluit het.

Die finale uitslae word Saterdag 31 Augustus by die prysuitdeling bekend gemaak.

Bywoning is as gevolg van ’n gebrek aan ruimte slegs op uitnodiging. Die besluit van die komitee is finaal.

Die finale keuses was nie maklik nie, aangesien uitstekende benoemings ontvang is. Die kandidate moes aan streng vereistes voldoen. Eerstens moes die amptelike benoemingsvorm volledig deur die benoemer en ’n sekondant ingevul word.

Die benoemdes moes ’n viering verteenwoordig van die nalatenskap van Winnie Rust, naamlik ’n vrou of jong dame wat ’n dapper stryd voer of gevoer het om moeilike omstandighede te oorkom – ’n “heldin” in haar eie gemeenskap. Sy moes haar swaarkry en uitdagings kon transformeer tot iets goeds en teruggee aan die gemeenskap. Die vrou moes geleenthede raaksien wat sy kon benut en op haar lewenspad uitvoer.

Die benoemings vir die Winnie Rust-prys is: Mariana Cedras (Wellington Vaardigheidskool), Britney Jasper en Nicolene Pietersen (Bergrivier Sekondêr) en Machonett Pietersen, Aschke Cloete, Kaylin Leppan en Sihle Mpini (Wellington Sekondêr).

Die kortlys vir Winnie Rust Vrou van die Jaar is: Dannelene Ruiters, Claudia Makwena, Connie Abrahams en Letesha Gaynore Pietersen.

You need to be Logged In to leave a comment.