Koor hou groot Kerskonsert

Die Voces Cordis-Kerskonsert onder leiding van die bekroonde dirigent André van der Merwe word Saterdag 3 Desember in die Toringkerk in die Paarl aangebied.


Die Voces Cordis-Kerskonsert onder leiding van die bekroonde dirigent André van der Merwe word Saterdag 3 Desember in die Toringkerk in die Paarl aangebied.

Van der Merwe het die Voces Cordis-koor, wat uit 80 alumni van sy vorige en huidige kore bestaan, in Februarie vanjaar gestig.

Hierdie program bied nuwe verwerkings van gewilde Kersliedere.

Soliste en instrumente sal bydra tot die nostalgie.

Werke sluit in “Joy to the World”, “Little Drummer Boy”, “Sonneblom uit Bethlehem” asook ’n aangrypende weergawe van “Stille Nag”.

Die konsert begin om 19:00 en die deure open om 18:30. Koffie en eetgoed sal te koop wees.

Kaartjies teen R120 is aanlyn by www.toringkerk.co.za beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.