Ter viering van Jeugmaand sal ’n aktiwiteit elke week in die Paarl Post verskyn – vir die jeug (gr. 1 tot gr. 7) om te voltooi.
Dit sal ’n aktiwiteit soos Woordsoektog insluit.
Om in te skryf, voltooi elke week se aktiwiteit, knip dit uit en plak die koerantknipsel op ’n bladsy met jou naam, van, graad en skool. Onthou om ook die kontakbesonderhede van jou ouers in te sluit.
Jy moet dan jou inskrywing in die boks in die voorportaal van die Paarl Post-kantoor plaas. Diegene wat nie die vermoë het om hul inskrywings self in te handig nie, kan ’n duidelike foto van die voltooide aktiwiteit neem en dit via WhatsApp na 076 314 8767 stuur.
Om ’n kans te staan om een van drie pryse te wen, moet jy elke week inskryf. Die pryse sluit in ’n geskenkbewys van Bossa, ’n geskenkbewys van McDonalds Paarl, ’n R500 kontantgeskenk van Pen & Ink Office National, ’n idiome-bordspeletjie van Idiomepret en vier fliekkaartjies van Minimax.
Die wenners sal Maandag 1 Julie aangekondig word. Een van die gelukkige wenners se skool wen ook ’n gratis kleinadvertensie in die Paarl Post.
Alle inskrywings moet teen Vrydag 28 Junie om 14:00 ingehandig wees.
Waarvoor wag jy? Begin soek die woorde!