’n Ou huis in ’n historiese deel van die Paarl staan op die punt om gesloop en met ’n veelverdieping-kantoorgebou vervang te word. Hierdie gebou is geleë in Paarl se Hoofstraat tussen die afrit na die Bergrivier-boulevard en KWV en is geoormerk vir sloping. Die nodige proses om slopingsmagtiging vir die gebou by Hoofstraat 65 van die Wes-Kaapse Erfenisraad te bekom, word tans onderneem. In sy plek word ’n kantoorblok van twee tot drie verdiepings beoog. Tot nou is egter nog geen aansoek ingedien om die nodige grondgebruiksregte te bekom nie. Die publiek het nog tot 13 Desember om besware hierteen te lewer. Enigiemand wat kommentaar of besware op grond van erfenis wil lewer, kan dit doen deur 021 872 1623 te skakel of e-pos te stuur na submissions@mrarch.co.za


Kommentaar ingewag voor sloping in Hoofstraat

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article