Die uitdagende uitstalling “Sensuur: Verbied Verban” is tans te sien in die Breytenbach-galery by die Breytenbach-sentrum in Wellington. Dit behels die werke van die internasionaal gerekende Ceramics Matters-duo, die Wellingtonners Anthony Harris (naaslinks) en Gerhard Swart (derde van regs) asook die skilderye van Frans Mulder van Napier. Die uitstalling duur tot 19 Junie. Die opening daarvan is waargeneem deur die regskenner prof. Pierre de Vos (derde van links) van die Universiteit van Kaapstad. By hulle is Anne-Ghrett Erasmus (Breytenbach-galery) en (regs) dr. Jaco Barnard-Naude (mededirekteur van die sentrum vir retoriekstudies aan die Universiteit van Kaapstad) en David Robbins. Foto: Engela Duvenage