Die Swart Maandag-beweging, wat vyf jaar gelede op die been gebring is, kom hierdie naweek (Saterdag 29 Oktober) by Dal Josafat-stadion bymekaar.

Die beweging doen landwyd bewusmaking oor plaasmoorde en plaasaanvalle en vind gewoonlik plaas op die laaste Maandag van Oktober, maar vanjaar word dit op ’n Saterdag gehou. Dit het in Oktober 2017 tot stand gekom ná die wreedaardige moord op die Klapmuts-wynboer Joubert Conradie (47).

Die tema vir Saterdag is “vat saam met plaasboere hande”. ’n Hele program is voorberei, wat klopse en rieldansers insluit. Die geleentheid begin om 10:00 en sal twee ure duur. Die beweging vra dat almal die saak moet kom ondersteun.. This weekend the Black Monday movement, that was set up five years ago, will gather at the Dal Josafat stadium on Saturday (29 October).

You need to be Logged In to leave a comment.