Kom dig by die Tuin van Digters

Haal daardie gedig uit die onderste laai en kom lees dit by die sesde Tuin van Digters Saterdag in Wellington.


Haal daardie gedig uit die onderste laai en kom lees dit by die sesde Tuin van Digters Saterdag in Wellington.

En wie weet, dit kan dalk net die eerste stap na jou eerste digbundel wees.

Die gewilde Tuin van Digters word Vrydag en Saterdag (15 en 16 September) vir die sesde jaar by die Breytenbach-sentrum aangebied en digters sowel as liefhebbers van die Afrikaanse digkuns kan hul lippe aflek.

Al die hoofvertonings is ’n uur lank en word om die beurt in twee tente aangebied. Besoekers hoef dus nie bang te wees dat hulle iets gaan misloop nie.

Een van die hoogtepunte is Saterdagaand wanneer die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse debuutdigbundels wat in 2015 en 2016 gepubliseer is deur Simone Jonker, Ingrid se dogter, oorhandig word. Lizanne Barnard, kom spesiaal van Pretoria om gedigte van Jonker wat sy getoonset het, te sing.

Die Breytenbach-sentrum is ook vanjaar 10 jaar oud. Dit word Vrydagaand gevier met onder meer ’n praatjie deur die digter Daniel Hugo, ’n DVD oor die geskiedenis van die sentrum deur Cloete Breytenbach en die sing van getoonsette gedigte van Breyten Breytenbach deur Laurinda Hofmeyr. Kaartjies kos R100 vir Vrydag, R200 vir die Saterdag en R250 vir die tweedag-pakket. Studente met geldige studentekaarte betaal R60 per dag. Besprekings en navrae by Jeanne-Mari Gerber by besprekings@breytenbachsentrum.co.za; 021 873 2786 of 073 435 1022.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.