New Orleans Primêr het onlangs ’n bewusmakingsdag oor mishandeling aan leerders by die skool voorgelê en ’n voorlegging gedoen.
Volgens Greg Resant, ’n maatskaplike werker by die skool, is die besluit om ’n praatjie oor mishandeling by die skool te hou, geneem omdat die leerders en opvoeders bewus gemaak moet word van die verskillende soorte mishandeling wat voorkom.
“Die skool het talle kwesbare leerders wat nie uit goeie omstandighede kom nie en wat dalk nie altyd weet wat mishandeling is nie en ook nie weet dat hulle by die huis mishandel word nie, want hulle ken nie die tekens nie,” sê hy.
’n Muntlegging is ten bate van Athlone House of Strength (Ahos), ’n skuiling vir vroue en kinders wat mishandel word, gedoen en klere is aan die organisasie geskenk.
“Dit was ’n reusesukses. Om ’n passie vir kinders te hê, verg harde werk. Elke kind se persoonlikheid is anders.”