Kollege-studente groet

Die afskeidseremonie van die Hugenote Kollege het hierdie semester op 1 Julie 2016 plaasgevind.


Die afskeidseremonie van die Hugenote Kollege het hierdie semester op 1 Julie 2016 plaasgevind.

Ná weke van voorbereiding, administrasie, moderering en koördinering, het die besondere dag uiteindelik vir die groep maatskaplike hulpwerk-, teologie- en bediening- en vroeëkindontwikkelingstudente aangebreek .

Die fasiliteerders, ouers en eregaste (die studente) is op die Wellington-kampus verwelkom deur Andre Pentz (handelsmerkbestuurder van Hugenote Kollege).

Volgende aan die beurt was dr. Willie van der Merwe, rektor van die Hugenote Kollege, met ’n pragtige boodskap aan die gaste.

Die kern van sy boodskap was dat “drome geldig is” en dat elke individu altyd daarna moet streef.

Soos oudergewoonte was dit ’n groot eer om toe te kyk hoe die groep kollegestudente die Hugenote Kollege-belofte van diens, hulp, toewyding en kennis aflê. Hierdie belofte is die missie van Hugenote Kollege in aksie om gemeenskappe te help kweek vir ’n inspirerende en gesonde toekoms.

Die kollege bedank alle personeel wat betrokke is by die beplanning en uitvoering van hierdie geleentheid en wil graag alle studente gelukwens met hul harde werk en die uitkoms van hul verbintenis en toewyding.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.