Die jaar kom nou vinnig tot ’n einde, en ek kan nie glo dat 2023 al amper hier is nie.
Tyd is regtig kosbaar en ons moenie vergeet om elke oomblik te koester nie. Die feestyd bring weer ’n lekker atmosfeer en ons kan weer bietjie agteroor sit en rus terwyl ons moed skep vir die jaar wat voorlê.
Behalwe dat jy oor die vakansie rus, maak ook bietjie tyd vir familie, vriende en geliefdes. Kuier saam in harmonie en geniet die tyd saam met mekaar.
Elke moment in vandag se lewe is kosbaar. Ons moet dit met alles koester.