Die jaarlikse Stasiefees in Wellington word Saterdag 5 Mei by Kleinevalleij gehou.
Die verrigtinge begin 09:00 en duur tot 19:00. Besoekers kan uitsien na optredes deur Refentse, Wynand en Cheree en Jaco Losgelaat.
Die Klopse, rieldansers, Tjiff en Tjaff, Kardoeskoning en Koekiedoortjies is ook op die program.
Altesaam 80 uitstallers sal hul produkte uitstal en feesgangers kan uitsien na verskillende stalletjies met heerlike kos en ’n verskeidenheid produkte.
Drank sal by die kroeg te koop wees – niemand mag hul eie drank inbring nie.
Feesgangers kan gratis Wi-Fi gebruik.
Die ATKV-kuikens sal ook by die fees wees. Besoekers wat ’n foto saam met die Kuikens neem, het ’n kans om groot pryse te wen.
Kaartjies kos R50 vir volwassenes en is gratis vir kinders onder ses en is by die hek beskikbaar.
Besoekers buite Drakenstein kan vir R140 (sluit toegang tot die fees in) tot by Kleinevalleij ry. Die bus vertrek 08:00 van Goodwood en Parow, 08:30 van Brackenfell en Kraaifontein en 18:00 van Wellington af. Bespreek by Desiree by 082 970 3215 of wdesiree175@gmail.com.
. Drie gelukkige lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wen deur die volgende vraag reg te beantwoord: Waar word die Stasiefees vanjaar gehou? SMS jou antwoord en jou naam na 37405 voor Maandag 12:00.