KN-dramagroep hard aan die repeteer

Klein Nederburg Sekondêr se teatergroep is tans hard aan die repeteer vir sy nuwe produksie, Simunye, we are one, ons is een (’n viering van ons diversiteit) wat gereed moet wees vir vanjaar se Suidoosterfees.

Die fees se tema is Fantastiese 15: 15 jaar gelede.

KN sluit by die tema aan met 15 mu­siek-, dans- en sangitems uit verskeie ikoniese produksies soos Sarafina, Shaka Zulu, Distrik 6, en dié van sang-ikone soos Johannes Kerkorrel, Mango Groove, Miriam Makeba en ander.

Die Kaapse Klopse en rieldansers sal ook deel van die vermaak­like produksie wees.

Leerders van KN sal Woensdag 25 April en daarna op 28 en 30 April voorvertonings in Artscape se Arena-teater hou.

Die produksie staan onder leiding van Ernest Loth. Die choreograwe is Bernelee Fortuin en Vershwile Seconds.

Seconds het ook verlede jaar die Adam Small-revue se choreografie behartig. KN se Adam Small-revue is staande toegejuig vir sy vertoning by die Suidoosterfees, ook in die Arena.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.