Klopse gaan die Nuwe Jaar weer afskop

Die tweespalt wat oor die afgelope paar jaar die Klopse-beweging bykans op sy knieë gehad het, woed steeds voort.


Die tweespalt wat oor die afgelope paar jaar die Klopse-beweging bykans op sy knieë gehad het, woed steeds voort.

Die sogenaamde “wegbreekgroep” het die afgelope jaar verrassend sterk begin groei en is tans die grootste van die twee klopse-groepe.

’n Jaar gelede het die Drakenstein Coon Carnival Association (DCCA) wat van die Wellington Klopse-groep weggebreek het, slegs uit ’n handjievol groepe bestaan. Vanjaar spog die organisasie egter met 11 verskillende groepe nadat nog vier van die Wellington-groep by die DCCA aangesluit het en verskeie ander nuwe groepe gestig is wat by die DCCA aangesluit het.

Onder die nuwe name is daar die Pniël-groep, die Uitsig-groep en die Unlimited-groep.

Volgens Denver Engledoe, voorsitter van die DCCA, is hulle nog steeds die enigste groepering wat op 2 Januarie in die Boland-rugbystadion op Wellington sal optree. Die groep tree ook op 14 Januarie en 28 Januarie in die stadion op wanneer die 11 groepe waaruit die DCCA tans bestaan, teen mekaar sal kompeteer.

Die byeenkomste in Januarie begin om 10:00 en toegangsgelde is R25 vir volwassenes en R15 vir kinders.

* The extravaganza of the Coon Carnival will be on show on 2 January at Boland Stadium in Wellington.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.