Paarl-Oos se polisie het die afgelope Vrydag 11 verdagtes in ’n opsporingsoptrede in hegtenis geneem. Die verdagtes is weens verskeie sake gesoek.
Kapt. Basil Seekoei, Paarl-Oos se polisiewoordvoerder, sê die polisie het in die vroeë oggendure op die verdagtes toegeslaan.
“Beamptes het verdagtes aangekeer vir misdade wat wissel van aanranding met die doel om ernstig te beseer, huisbraak en diefstal, aanranding, intimidasie en ’n lasbrief vir inhegtenisneming omdat hulle nie in die hof verskyn het nie.”
Lt.kol. Johannes Koerkop, die Paarl-Oos-polisie se speurhoof, doen ’n beroep op die gemeenskap om nie misdadigers te huisves nie, maar hulle eerder aan die polisie te oorhandig. Hy het ook beamptes wat die optrede uitgevoer het, vir hul goeie werk bedank. “Ons sal voortgaan met hierdie optredes om ons sake te sluit waar verdagtes uitstaande is en hulle voor ’n geregshof te bring,” het Koerkop gesê.
* Paarl East police arrested 11 suspects during a tracing operation last Friday. The suspects are wanted for various cases against them.

