Hierdie Vrydag (7 Februarie) gaan die Sanlam Boland Kavaliers die gasheer wees vir die DHL Stormers XV in ’n voorseisoense opwarmingswedstryd in Wellington.
Rugbyliefhebbers kan dus uitsien na ’n klipharde wedstryd as voorskou vir die komende rugbyseisoen.
Die Sanlam- Boland Kavaliers sal aan die SA Beker-kompetisie deelneem, wat op 8 Maart afskop.
Die wedstryd begin om 17:00 in die Boland-rugbystadion.