Die vierjarige Thoscio Macnico Alexander, wat twee weke gelede (Dinsdag 29 November) deur ’n munisipale vragmotor doodgery is, is Saterdag ter ruste gelê. Die kleuter is uit die Pentecostal Gospel Church SA in Paarl-Oos begrawe. Die ongeluk het op die hoek van Blue Moon- en Monicastraat in Smartie Town, Paarl-Oos, gebeur. Die Paarl-Oos-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag. Thoscio se grootouers dra sy kis uit die lykswa na die kerk.Foto: Chantélle Hartebeest