Die klerebank van New Orleans Primêr het verlede Donderdag (24 Maart) sy eerste verjaardag gevier. Die inisiatief is verlede jaar op Wêreld-TB-dag gestig. Klere, wat onlangs ingesamel is, is aan Huis Andrew Murray geskenk. Van links is Greg Resant (maatskaplike hulpwerker), Angelina Engelbrecht (hoofmeisie), Jaydrian Botes (hoofseun), Chad-Leigh Hanekom (onderhoofseun), Tashnique Plaatjies (onderhoofmeisie) en Ilse de Koker (klerebank-koördineerder).