Kom geniet Woensdag 27 Maart ’n onvergeetlike aand van klavierklanke, kos en kuier in die kelder saam met die befaamde klaviermeester Rocco de Villiers en die sjef Mynhardt Joubert by die KWV Katedraalkelder se Kuierkonsert. Sjef Mynhardt gaan ’n meesterlike driegangmaaltyd gepaard met KWV-wyne voorsit. Gaste sal verwelkom word met KWV-jenewer-mengeldrankies en deur die loop van die aand vermaak word deur die wonderbaarlike klanke van Rocco. Kaartjies kos R750 (maaltyd en konsert ingesluit) en kan bespreek word by Cedrick by bookings@ mynhardt.co.za of WhatsApp 084 916 4506.
Klavier, kos en KWV
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.