Die Breytenbachsentrum se laaste Sondagmiddag- klassieke konsert van die jaar, in samewerking met Le Bac Estates en ondersteun deur die Rupert-musiekstigting, vind 25 November plaas.

Die pianis Tertia du Toit sal saam met die jong violis Jordan Brooks en die pianis Qden Blaauw in ’n konsert optree wat die reeks op ’n hoogtepunt sal afsluit.

Brooks sal “Fratres – Arvo Part”, “Romanza Andalusa Sarasate”, “Zigeunerweisen Sarasate” en “Beethoven Spring Sonata” (eerste beweging Beethoven) uitvoer.

Die uur lange Somerkonsert in Le Bac se konsertlokaal begin om 18:00. Kaartjies kos R100 per persoon en sluit ’n glas wyn en ligte eetgoed in. Bespreek nou by teater@breytenbachsentrum.co.za of by 021 873 2786.

You need to be Logged In to leave a comment.