Klassieke konsert word op Le Bac gehou

Vier Hande / Four Hands, die derde gewilde Sondagmiddag- klassieke konsert van die jaar, aangebied deur die Breytenbach-sentrum in samewerking met Le Bac Estates, vind plaas op Sondag 9 September om 18:00 by Le Bac tussen Wellington en die Paarl op d


Vier Hande / Four Hands, die derde gewilde Sondagmiddag- klassieke konsert van die jaar, aangebied deur die Breytenbach-sentrum in samewerking met Le Bac Estates, vind plaas op Sondag 9 September om 18:00 by Le Bac tussen Wellington en die Paarl op die R45.

Die musici wat sal optree, is die pianiste Tertia Visser Downie en Francois du Toit. Die program bestaan uit werke van Schubert, Brahms, Dvorak, Piazolla en Faure. Die konsert vind plaas met die ondersteuning van die Rupert-musiekstigting.

Kaartjies vir die uur lange konsert kos R80 per persoon en sluit wyn en eetgoed in. Bespreek by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.