Vrydag was ’n hoogs emosionele dag vir die Hoërskool Gimnasium se Klas van 2020 toe hulle die skoolklok vir oulaas gelui het. Dit was immers hul laaste amptelike skooldag voordat hul matriekeindeksamen begin. Bo lui Gim se hoofmeisie, Danieke Malan, en hoofseun, Christiaan du Toit, die skool se klok vir oulaas voordat hulle uitstap. Foto: