Klapmuts vier feesjaar

Klapmuts Primêre Skool vier vanjaar hul 40ste bestaansjaar. As deel van die feesjaar bied die skool ’n rugby- en netbalsewes-sportdag op Saterdag 16 April vanaf 09:00-14:00 by Klapmuts-sportgronde aan.

Sewe skole sover as Bredasdorp, Grabouw, Paarl, Stellenbosch en Worcester gaan aan die geleentheid deelneem.

Daar sal kosstalletjies asook ’n snoepie wees. Die hekgelde is R10 vir volwassenes en R5 (leerders).

Die gemeenskap word uitgenooi om ’n pretbelaaide dag saam met Klapmuts Primêre Skool te geniet.

Vir meer inligting, bel die skool by 021 875 5471.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.