Klapmuts het verlede week onder xenofobie-proteste en aanvalle deurgeloop toe ’n groep Suid-Afrikaners vir buitelanders onder meer Zimbabwiërs en Malawiërs, teiken wat op plase in die gebied werk.
Volgens Erica de Villiers, woordvoerder van die Klapmuts-plaaswag het die proteste en beweerde aanvalle verlede Woensdag (30 Oktober) tot 31 Oktober plaasgevind.
Volgens haar het die Suid-Afrikaanse burgers hoofsaaklik op die afdraai na die Groenvleipad regoor die Klapmuts-polisiestasie, vir buitelanders geteiken wie op dié pad deur hul werkgewers opgetel word.
De Villiers het bygevoeg dat van die Suid-Afrikaanse burgers vir buitelanders met sambokke aangerand het.
Die Klapmuts-polisie het immers ontken dat verlede week se proteste verwant gehou het met xenofobie.
Volgens sers. Madilyn Dombas, woordvoerder van die Klapmuts-polisie het “dit [proteste en beweerde aanvalle] gegaan oor die buitelanders wat voordeel gekry het om ye gaan werk en die Suid-Afrikaanse burgers wat ontsteld was daaroor”.
Geen sake by die plaaslike polisiekantoor geopen nie, weens die buitelanders wat nie hul identiteit wou bekend maak nie.
Op 31 Oktober was die xenofobie-proteste voortgesit by die Hoopenberg-bessieplaas op die hoek van die Herculus Pilaar en Hoopenbergpad waar verskeie privaat sekuriteitsmaatskappye, onder andere SPS Services, die protes onder dwang moes bring deur skokgranate af te vuur.
De Villiers het verduidelik dat plaaslike inwoners beweer dat verskeie plase, in en om Klapmuts, onder andere Hoopenberg, Zimbabwiërs en Malawiërs, eerder as Klapmuts-inwoners in diens neem wat dan gelei het tot verlede week se onluste.
Daar was nie weer enige xenofobie-aanvalle of proteste ná 31 Oktober aangemeld nie.
Volgens De Villiers het soortgelyke onluste ’n paar jaar terug voor die aanbreek van die Covid-19 pandemie plaasgevind.