Kira Barnes (gr. 4) van die Laer Meisieskool La Rochelle het die afgelope skoolvakansie aan die SA Gym Games-gimnastiekbyeenkoms in Pretoria deelgeneem. Die afdelings waarin sy haar talent gewys het, sluit vloer, balk en koepel in. Kira het algeheel 23 ste geëindig.