Die lyk van ‘n kind is vanmiddag (Maandag 26 September) by Nederburg Primêre Skool in Paarl-Oos gevind. Daar word vermoed dat dit die lyk van die 4-jarige meisietjie is wat gister as vermis aangemeld is.

Nooddienste is vroeër ontbied na Nederburg Primêre Skool, waar die skok bevinding gemaak is. Talle inwoners het kort na die ontdekking van die liggaam, hulle na die toneel gehaas. Inwoners het aan Paarl Post gesê dat ‘n man, wat iets in ‘n swart sak gedra het, op die skoolterrein gesien is, kort voor die skool verdaag het. Na wat verneem word, het kinders wat daar naby gespeel het, op die lyk afgekom.

Die oorsaak van die kind se dood is nog nie bekend nie. 

You need to be Logged In to leave a comment.